Notas Van 'N Skaapboer Oor Skaapboerdery In Humansdorp Distrik

12 Nov 2018

Normaalweg skeer ons 2 maal per jaar , in die Karoo skeer hulle een maal want wol groei stadiger daar 'n Skaap lewer 4-5kg wol per jaar 'n Hammel lewer 7 kg wol per jaar. Daar word verkieslik geskeer voor die ooi lam , as ooi geskeer is soek sy skuiling as dit koud is wat goed is vir die lam. As sy nie geskeer is nie soek sy nie skuiling, want sy voel nie die koue met haar dik wol nie. Maar die lam wat nie dik wol het nie sal koud kry en dit kan sy toestand knou.

Wol lewer 20% van inkomste. Dis ook goed as ooi geskeer is as sy gedek gaan word, dit vind gewoonlik in Okt/Nov plaas.

Lam % = 130 - 140 %

Ooie lam in April/ Mei onder goeie toestande d.w.s. goeie voeding en weiding kan ooie elke 8 maande lam indien toestande nie goed is nie, is dit beter om een maal per jaar te lam.  Dieselfde geld vir die ooie en ramme indien hulle goeie kos en aanvullings kry is hulle produksie beter. ‘n Winter lam is gesonder omdat daar minder siektes in die winter is. Die lam word in Augustus gespeen. Die lam word voorberei om reg te wees teen Nov/Des vir die Kersseisoen, goeie tyd vir verkope. ‘n Lam lewer 45 kg. ‘n Ooi / ram persentasie is ongeveer 50/50.

Enting

Bloutong virus word veroorsaak deur miggies in die warm maande. Enting vind 2-3 maal plaas. Die Bloutong enting maak die dier steriel vir ‘n ruk. Lammers is meer vatbaar vir bloutong.

Bloednier bakterieë enting - Bloednier word veroorsaak deur verandering in weiding. Lam word ge-ent voor dit gespeen word.

Daar is ook "all in one" entstof  wat alles dek soos klem in die kaak, pasterella, bloutong, bloednier.

 
Die entstof word by die Ko-operasie gekoop.

Weiding - droëland 

Permanente weiding - Oulandsgras , smutsvinger , rooigras en kweek op lande.

Seisoenaal

Hawer in winter.

Ceredella word geplant in winter vir somer.